Oor Ons

Home /
About Us

Wie is Ons

Wie is HartiesFM

By HartiesFM klop ons harte in ritme met die radiofrekwensies – dis in ons bloed! As mense wat in die radiowêreld grootgeword het, het ons vir jare ‘n passie vir klank, stories en musiek gekoester. Buiten HartiesFM, bestuur ons steeds ‘n advertensie-agentskap wat bemarking doen vir radiostasies regoor Suid-Afrika en selfs Namibië.

Dit was nog altyd ons droom om ons eie radiostasie te begin – ‘n plek waar mense inspirasie, hoop en egtheid kan vind. In 2022, ná ‘n paar omroepers afgedank is weens die “jab,” het ons geweet: nou is die tyd. Maar HartiesFM is nie nét ons stasie nie – dit is God se stasie. Hy het ongelooflike mense op ons pad gestuur om hierdie droom ‘n werklikheid te maak.

HartiesFM staan vir hoop, positiwiteit en omgee. Ons bou daagliks aan ‘n platform wat mense se lewens raak – deur musiek, stories en gemeenskapsbetrokkenheid.

Dankie dat jy deel is van ons reis en ons groei!

Hoofstuk van Hoop

Het jy 'n getuienis om te deel?

Deel jou getuienis met ons luisteraars. Kontak ons om jou getuienis te deel om ons gewilde program Hoofstuk van Hoop.

Ons Trotse Adverteerders

Ons Toep

Laai ons gratis "app" af!

Luister regstreeks, bly op hoogte met die nuutste nuus, en geniet ons potgooi – alles op een plek!

  • https://s5.radio.co/s68c6f4028/listen