Nuutste Nuus in jou Wêreld
- Renshaw, stertkantkolwers frustreer Proteas
Matt Renshaw het die hoogste telling van sy internasionale rooibalkrieketloopbaan aangeteken toe hy 190 lopies teen Suid-Afrika op Kingsmead gemoker het.
- Nege drieë teen twee | Hou gerus by die blou
Die Bulls-vlag op Fort Loftus het Saterdagmiddag trots gewapper nadat die Pretorianers ’n afrondingsmeesterles teen die Lions gelewer het.
- Trump, Poetin sluit brandstofooreenkoms
Pres. Donald Trump van die VSA het Vrydag aangekondig dat hy ’n ooreenkoms met pres. Wladimir Poetin van Rusland bereik het om markte van Russiese dieselbrandstof te voorsien.
- Luister | Keith Juluka se TikTok-treffer word kinderboek
“Ek is nie die ‘poster boy’ van Afrikaanse musiek of van Afrikaans as taal nie.”
- Gelukwense vir Pillay stroom in; Trump, Israel spoeg vuur
Die toekenning van die Nobelprys vir vrede aan regter Navanethem Pillay word wyd verwelkom hoewel dit wrewel by die VSA en Israel tot gevolg gehad het.
- AB onderstreep legendestatus, lóói Aussies
AB de Villiers is seker die enigste uitgetrede speler wat nog beter spel as die meeste aktiewe spelers kan opdis. Hy het Vrydag ’n spoghonderdtal in ’n Wêreldkampioenskap van Legendes (WCL)-wedstryd teen Australië gemoker.
- All Blacks bal vuiste teen Wallabies op Edenpark
Die All Blacks het die Wallabies in die tweede helfte oorrompel en met 50 – 19 verpletter om die Bledisloe-beker weer eens te behou. Met Damian McKenzie wat die toutjies agterlangs getrek het, het Nieu-Seeland hul onoorwonne reeks op hul tuisveld tot 54 toetse gerek.
- Drie sterf, drie beseer in skietgeveg ná gefnuikte rooftog
Drie vermeende transitorowers is dood en drie mense beseer in ’n polisiejaagtog om die vermeende rowers aan te keer.
- SA-orrelis speel in geskiedkundige Europese kerke
“Elke orrel het sy eie unieke karakter en stem onthul, en om dié ongelooflike instrumente in hul geskiedkundige omgewings te kon beleef, was opwindend en diep roerend,” sê Van Wyk.
- Transnet-kabeldiefstalbende swaar gestraf
’n Bende wat koperkabels van Transnet gesteel het en sodoende skade van miljoene rande aan noodsaaklike infrastruktuur aangerig het, is in die hooggeregshof in Bloemfontein swaar vonnisse opgelê.
Het jy iets om te rapporteer?
Stuur vir ons ‘n epos of WhatsApp die ateljee.
- nuus@hartiesfm.com