Nuutste Nuus in jou Wêreld
- Soektog verskerp na vermiste Kempton Park-drawwer
“Die polisie het sy soektog verskerp na ’n 38-jarige Kempton Park-vrou wat Woensdagmiddag gaan draf het en nie teruggekeer het nie.”
- Van klein dorpie tot groot mode-oomblikke
Mila Fourie, Marciel Hopkins en Cintaine Schutte dra haar skeppings, maar Lena-Lisa Bester sê sy ontwerp nie om tendense na te jaag nie – sy wil hê vroue moet mooi én gemaklik voel.
- Kyk | ‘Ons het net bly glo’: Akademia-kampus verrys
Skaars agt maande ná die aanvang van bouwerk, neem die nuwe kampus op Mooiplaats reeds indrukwekkend vorm aan. Kritiek gaan Akademia nie keer om sy kampusdroom te verwesenlik nie.
- Sky se dood plaas K9-hospitaal onder vergrootglas
Waarskuwings oor personeel, toesig en toestande by die K9-hospitaal strek jare terug.
- Lotz-gesin dra 16 jaar later steeds plaasaanval se letsels
Hy was 600 km weg toe hy sy familie oor die telefoon hoor skree. Volgens Leon Lotz dra hulle steeds 16 jaar later die emosionele, mediese en finansiële nagevolge daarvan.
- China bied nuwe hoop vir jong sitrusboer met breinkanker
“Ons het reeds van twee kosbare babas afskeid geneem; ons kan nie vir Christo ook verloor nie.”
- Kyk | Klein Jean se groot glimlag word hoop vir ander
Toe Arlené en JP Wessels ʼn stigting begin het om hul tweejarige seuntjie se mediese koste te help dra, het hulle gedink dit gaan net oor Jean. Toe ontdek hulle daar is ander kinders soos hy – en hul missie het oornag verander.
- Regskenner: Sonder dié bewys staan ANC kwalik kans
Ná ’n week waarin die ANC ook vrae oor beweerde stemkoop moes afweer, wag nóg ’n kopseer: ’n hofstryd oor kandidatelyste wat volgens die OVK nie betyds ingedien is nie.
- Kyk | Enkelma se stryd raak harte: ‘Julle het my hoop gegee’
Ná kanker, ʼn breinoperasie en maande sonder haar enigste inkomste het hulp vir Nicolene en haar seun opgedaag.
- Krisant-koningin maak geskiedenis: ‘Blomme is deel van wie ek is’
Sy het tussen blomme grootgeword, haar eie plaas net vyf jaar gelede gekoop en lewer vandag miljoene krisante per jaar. Nou het Joy van Deventer ook ʼn stukkie landbougeskiedenis geskryf.
Het jy iets om te rapporteer?
Stuur vir ons ‘n epos of WhatsApp die ateljee.
- nuus@hartiesfm.com