Nuutste Nuus in jou Wêreld
- 11 mense tydens partytjie doodgeskiet
Drie mans het glo by ’n huis opgedaag en op die groep mense losgebrand.
- Ses munisipale amptenare vas oor beweerde R2,8 miljoen-bedrog
Die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaadondersoeke in Mthatha het die ses verdagtes Dinsdag tydens ’n gekoördineerde operasie in hegtenis geneem.
- 17 nuwe kruise by Witkruismonument: ‘Elke kruis dra ’n naam’
“Agter elkeen is daar ’n mens, ’n familie en ’n gemeenskap wat nooit weer dieselfde sal wees nie.”
- DA wil weet wie operasie gemagtig het ná twee mans se verdwyning
Die DA wil by pres. Cyril Ramaphosa weet of hy ’n geheime militêre operasie gemagtig het wat moontlik verband hou met die verdwyning van twee mans by die Mall of Africa in 2022.
- Moordkomplot-saak: Staatsgetuie weerspreek homself
ʼn Staatsgetuie wat beweer ’n Oos-Kaapse vrou het hom genader om haar voormalige man om die lewe te bring het homself op die oog af herhaaldelik weerspreek op die vierde dag van sy kruisondervraging.
- Slegs 4,4%-verhoging vir Gauteng se kwintiel 5-skole
Adv. Anton Alberts, ʼn lid van die VF Plus en van die provinsiale wetgewer in Gauteng, meen die verhoging is onvoldoende en sê daar is ruimte vir ’n groter verhoging in die provinsiale aansuiweringsbegroting wat in Oktober ter tafel gelê word, asook in die 2027-’28-begroting
- Solidariteit, DKD hof toe oor Mangaung-werkers
“Die gevolge hiervan is nie bloot administratief nie. Gesinne het dringend hulp met kos en ander basiese behoeftes nodig, terwyl die onderbreking van mediese dekking vir sommige werknemers ernstige risiko’s inhou,” sê Theunis van Staden, koördineerder van die openbare sektor by Solidariteit.
- VF Plus bly weg van Tshwane-sitting oor nuwe hoofsweep
Die VF Plus is van mening dat dit onnodig en sinneloos is om ’n nuwe hoofsweep in die Tshwane-metro aan te stel.
- Brown Mogotsi se derde borgtogpoging misluk
Die saak spruit uit ’n voorval op 3 November verlede jaar toe Oupa Brown Mogotsi aan die polisie gesê het hy was besig om alleen in Vosloorus te ry toe ’n bakkie hom agternagesit en die insittendes verskeie skote op sy voertuig afgevuur het.
- Gedagte vir die dag | Bly bid vir dié wat nog nie glo
Saul se verhaal behoort ons te bemoedig om nooit op te hou bid vir ongeredde vriende en familielede nie.
Het jy iets om te rapporteer?
Stuur vir ons ‘n epos of WhatsApp die ateljee.
- nuus@hartiesfm.com