Na skool het Esther haar Diploma in Joernalistiek ontvang by Varsity College in Pretoria. Haar droom was om ‘n verskil te maak deur ‘n loopbaan in die uitsaai industrie. Met ervaring in radio vir meer as 6 jaar; het Harties FM uiteindelik vir haar die geleentheid gebied om meer openlik haar luisteraars te bemoedig en hoop te gee. Esther het ‘n hart om mense weer te inspireer om hulle drome te volg en ‘n vaste anker te vind in Jesus.