Ek is André Esterhuyse, gebore in Belville, grootgeword in Kraaifontein, WesKaap. Matrikuleer in 1986 en begin onderwys studeer aan die Wellington onderwys kollege. 1991 studeer ek aan d Universiteit van Stellenbosch en voltooi my BA-Graad. In 1993 sluit ek vrywillig by die SA Weermag aan en hou vir 6 maande skool by die Recce basis in Phalaborwa. 1994 begin ek skoolhou op Postmasburg tot middel 1996. Ek trek Gauteng toe en hou skool by LS Boskop in Honeydew tot einde 1999. Ek begin in 2000 by LS Broederstroom en bly daar tot 2011. In 2012 skuif ek oor na Meerhofskool vir buitengewone onderwys waar ek skoolhou tot op hede.
Ek is ñ baie kalm en rustige mens met hope geduld. Ek is ñ realis en sal altyd ñ saak goed beredeneer voordat ek ñ besluit neem. Ek hou daarvan om met mense te werk en ek sien altyd die positiewe van mense raak en fokus daarop. Ek hou myself nie met skinderpraatjies op nie. Ek hou daarvan om ander mense gelukkig te maak. Dit maak my gelukkig as ek my kennis met ander mense kan deel. Daarom geniet ek radio so baie. Dit lê my baie ná aan die hart. As stokperdjies hou ek baie van stoomlokomotiewe en vliegtuie. Ek lees baie graag en is mal oor die natuur en wetenskap. My grootste wens in die lewe is: Vrede en harmonie tussen alle mense.