Wimpie Botha is gebore in Johannesburg op 12 November 1973. Op die skrale ouderdom van 3 maande begin sy lewe amptelik in die plattelandse dorpie Brits. Hy voltooi sy laerskool loopbaan aan die Laerskool Brits en maak sy matriek in 1991 aan Die Hoërskool Wagpos. Na skool studeer hy in die Rekenaar en Besigheidbestuurs rigtings.
Na sy studies bestuur en besit hy ‘n paar ondernemings voordat hy uiteindelik in 2009 op radio begin uitsaai. So verwesenlik hy ‘n droom wat hy met hom saamdra sedert hy 13 jaar oud is. Hy vertel van daardie oomblik toe hy besef het hy wil graag eendag ‘n radio omroeper wees;
“Ek was ‘n besige klein seuntjie wat nie sommer stil gesit het nie. Ons het by die huis ‘n ou motohuis gehad wat pakplek geword het vir allerhande ou goed waarvoor daar nie meer plek was in ons huis nie. Op ’n dag grou ek daar ‘n ou radio uit koppel dit op en speel bietjie rond tussen al die verskillende kanale. So kom ek toe af op ‘n man met die naam van Kevin Savage op Radio 5 wat later jare hulle naam verander het na 5 fm. Die manier hoe hy gepraat het en wat hy gesê het, het my onmiddellik verlief gemaak op radio en dis maar waar my droom begin het”.
Verder spandeer hy graag tyd saam met sy gesin. Hy is al 21 jaar getroud met Jolinda en het 2 seuns, Hendru(20) en HW(16). Hy is mal oor rugby en is ‘n groot ondersteuner van die Blou Bulle. Hy speel graag gholf wanneer die geleentheid opduik en maak musiek vir enige geleentheid.
Hoewel hy sy werk op radio beskryf as’n groot gebeurtenis in sy lewe, beskou hy egter die dag wat Die Here sy siel gered het as die belangrikste oomblik in sy lewe en gee hy ook die eer vir Die Here wat die droom waar gemaak het.
Gunstelinge:
Drankie: In die winter ‘n warm Cappuchino en in die somer Sprite Zero of Coke Zero met baie ys.
Gereg: My vrou se Lasagne en braavleis met pap en sous.
Vakansieplek(as daar tyd en geld is natuurlik!): See of Bosveld.
Fliek: Kyk graag ware verhale. Ook tyd vir ‘n goeie komedie(ek is mal oor lag).
Musiek: Enige iets met dromme en kitare en goeie lirieke.
Wat sal jy nog graag wil doen: Rugby uitsaai op radio.