‘n Man van diep, donker denke. Onbeweeglik in sy geloof van wat môre sal bring, verandering. ‘n Geloof volbring deur die mosterdsaad wat in elkeen van ons leef.
Deur middel van sy vreeslose soektog na homself, binne homself en sy bereidwilligheid om op te offer, ten koste van homself, het Pieter sy ‘roeping’ ontdek. Om die ‘verlore’ in hulle donkerste smart te gaan haal en lig te bring.
Pieter het ‘n ongelooflike gawe om diep gesprekke met vreemde mense aan te knoop. Deur middel van sy eie tragiese lewens verhaal, ervaring en berading, bring hy ‘n boodskap van hoop tot al Motiveer se sosiale media platforms en bemoedig die gebroke en nou ook as omroeper by Harties FM.